Back
Verlies

Verlies

Die groot hartseer - Verlies

Verlies

Net soos volwassenes soms sukkel om die omvang van verlies te begryp, ervaar ons kinders dit dieselfde. Nie net reageer kinders anders as volwassenes op die verlies van ‘n familielid nie, hulle ouderdom speel ook ‘n groot rol in hoe hulle verlies ervaar. Ons gaan vandag kortliks kyk na hoe ouderdom die hantering van verlies beïnvloed en hoe ons ons kinders kan ondersteun.

Voorskoolse kinders

Kinders probeer om hul self-identiteit te vind. Sosiale verhoudinge is vir hierdie ouderdom baie belangrik. Hulle maak op hierdie verhoudinge staat om gedrag aan te leer. Hulle sal na-aap wat hulle sien en beleef. Hulle gaan baie, baie en selfs nog meer vrae hê. Hulle werk hard daaraan om die realiteit en fantasie van mekaar te onderskei. Hulle sal die dood as tydelik beskou en wag vir daardie persoon om terug te kom. Hulle sal die groot emosies wat saam met verlies kom, ervaar, dit wil sê hartseer en die skeiding van die oorledene, maar hulle sal nie hul emosies kan verwoord nie. Hulle sal gevoelens deur middel van spel kan uitdruk en hulle sal saam met ander treur wat verlies ervaar het, soos Simba in die fliek The Lion King. Omdat hierdie ouderdom nog onvolwasse is, sal hulle nie hul emosies kan beheer nie en baie keer uiting daaraan gee in hul gedrag. Hierdie gedrag kan in aggressie uitgebeeld word om hul vrese, bekommernisse en hartseer te verbloem. Hulle sal klou aan die oorblywende ouer, of beide ouers indien ‘n ander familielid oorlede is. Dit kan uitdagend raak om hulle in hul eie beddens te hou. Regressie in onafhanklikheid kan ook voorkom. Take wat hulle eens self kon doen, soos om alleen tande te borsel, kan ‘n uitdaging raak en wil hulle dalk nie meer self doen nie.

Hoe help ons voorskoolse kinders?

  • Konstante gerusstelling en omgee is nodig om hierdie kinders veilig te laat voel.
  • Hou soveel as moontlik by hul alledaagse roetine, alhoewel sommige veranderinge goed kan wees.
  • Sommige kinders sal dit moeilik vind om aan nuwe aktiwiteite deel te neem, terwyl dit vir ander die wêreld se goed doen, want dit bring die pret terug in hul lewens. Dit kan ‘n wyse wees om te besef dat my lewe mag aangaan en ek mag dit geniet.
  • Praat oor die dood in al sy besonderhede: Niemand gaan sommer net dood nie, daar moet ‘n spesifieke oorsaak wees. Die lyf begin ophou werk as gevolg van siekte of seerkry. Dit is onveranderlik en universeel.
  • Verwag om dieselfde vrae oor en oor te beantwoord.
  • Vanweë die feit dat hulle nog leer om tussen realiteit en fantasie te onderskei, kan sommige kinders glo dat die persoon se dood hulle skuld is of dat hulle die oorledene sal kan terugwens en dat dit wel sal waar word. Verseker kinders dat niks wat hulle gesê of gedoen het, die persoon se dood veroorsaak het nie. Stel dit duidelik dat hulle nie die persoon kan terugwens nie.

Kinders tussen die ouderdom van 5 tot 9 jaar

Hierdie seuns en dogters is besig om hul redeneringsvermoë en selfbewustheid te ontwikkel. Hulle luister aandagtig om inligting te versamel en daag dit dan uit. Hulle wil verstaan hoe die wêreld werk, maar wil terselfdertyd weet tot waar die grense gedruk kan word. Om alles te bevraagteken, is hul doelwit. Hulle is emosioneel nog onderontwikkeld. Dus sal hulle tussen toegeneentheid van ouers en hul eie selfbeheersing spring. Om hulp te hê, maar om ook self te ontdek. Hierdie kinders kan tussen realiteit en fantasie onderskei, maar sal staatmaak op hul intuïsie om besluite te neem. Hulle verstaan die finaliteit van die dood en dat dit met almal gebeur. Hulle het al dood in die natuur beleef en besef dat dit onvermydelik vir enige lewende organisme is. Daar sal bekommernis oor die gesondheid van hul familielede wees en hulle sal dit ook kan verwoord. Hulle is baie vatbaar, maar sal voorgee asof hulle onaangeraak is. Hulle sal probeer voorgee asof die pyn van verlies nie bestaan nie en hulself oorgee aan spel. Dié ouderdom kinders kan geheg raak aan ‘n fisiese objek wat die oorledene agtergelaat het, soos ‘n gunsteling hoed, haarborsel of kledingstuk.

Hoe help ons hierdie ouderdom?

  • Hulle gaan spesifieke vrae oor die dood vra. Wees duidelik en reguit oor die feite. Daar is ‘n oorsaak vir die dood, die lyf het ophou werk as gevolg van siekte of ‘n ongeluk. Dit is onveranderlik en universeel.
  • Moedig hulle aan om uiting te gee aan hul emosies in ‘n veilige omgewing by mense wat hulle vertrou. Dit kan hul ouers, sibbe, onderwysers of ander betroubare volwassenes wees.
  • Laat jouself toe om uiting aan jou eie emosies te gee, moenie dit wegsteek nie, maar wees versigtig om hulle nie met jou hartseer te oorweldig nie.
  • Antwoord hul vrae reguit sonder te veel detail.
  • Kreatiewe terapie werk goed vir hierdie ouderdom. Hulle leer en deel graag met hul ouderdomsgroep, dus sal ‘n ondersteuningsgroep ook werk.

Die Amper-tieners

Dié kinders is meer skaam om openlik die effek van verlies te wys. Hulle sal nie aktief soek na vertroosting nie, alhoewel hulle daarna smag. Hulle sal hul bes probeer om onafhanklik te bly en self hul emosies te verwerk. Hulle weet die dood is permanent en dat dit soms vroeër kan kom as wat mens dink. Dié ouderdom sal aandring op die besonderhede van die dood en hoe dit hul alledaagse lewe gaan affekteer. Alle gevoelens sal ontken word, veral die slegste en seerste emosies, in ‘n poging om hulself te beskerm. Die laaste ding wat hulle wil hê, is om anders as hul portuurgroep te wees. Hulle sal selfs uit hul pad gaan om ander te help om sodoende hul eie emosies verkeerd te bewys. Simptome van fisiese siekte soos
maagpyn, onvermoë om te slaap, woede teenoor die oorledene dat hulle weg is of skuldgevoelens dat hulle hul nie kon red nie, is algemeen. Soos volwassenes sal hulle die besonderhede van daardie spesifieke dag oor en oor in hul geheue afspeel. Hulle sal troos vind in die dra van die oorledene se klere, luister na hul gunsteling musiek of iets bou ter herinnering aan die persoon.

Hoe om hierdie ouderdom kinders te ondersteun:

  • Dié kinders het, net soos die jonger ouderdom, baie omgee en versekering nodig, maar hulle benodig ‘n volwassene om hulle te begelei deur hul emosies.
  • Gee uiting aan jou eie emosies en deel met hulle wat jy doen om elke dag jou beste te gee.
  • Verseker hulle dat hulle deur die emosies sal beweeg en sterker aan die anderkant sal uitkom.
    Laat hulle toe om te ontsnap na hul vriende. Dit is vir hulle belangrik om op gelyke voet met hul protuurgroep te wees.
  • Laat hulle deur die seer beweeg.
  • Moenie hulle kritiseer of blameer wanneer hulle regressie toon in gedrag nie. Hulle doen die beste wat hulle kan met die komplekse emosies wat hulle ervaar.
  • Laat hulle jou help met rituele om die verlies meer draaglik te maak, deur ‘n kers vir die oorledene aan te steek of laat hulle toe om hul eie manier van afskeid te beplan. Konfronteer enige poging om daardie persoon ewe skielik meer as gewoonlik te idealiseer.

Ons kan ons kinders toerus met die oefengereedskap om die swaardra aan die klip van verlies ligter te maak. Deur hierdie eenvoudige, onderbewustelike optrede te toon, kan kinders die geleentheid bied om in ‘n veilige omgewing te oefen om ligter te dra aan die klip. Party dae gaan die klip swaarder wees as ander en hy gaan nie weggaan nie, maar met versekering, omgee en versterking kan ons almal die klip dra.

Bron: Grieving by age handbook; Sarah Gallager, 2021

VORIGE UITGAWES

Die geheime goue draadjie

Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...

Waardevolle Loeries

Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...

Padkaart vir eksamenstres

Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...

Verlies

Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...

Groei

Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....

Skermtyd Riglyne

Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...

Boelies

Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...

Angstigheid

Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...

Angs

Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...

Vakansie Verveeldheid

Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...

My kind het nie maats nie!

My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...

Omgee gee hoop

Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...

Omgee

Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...

Swem of sink

As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...

Dissipline

DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...

Positiewe ingesteldheid

Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...

Glo jy kan

GLO JY KAN Jy is die baas van jou...

Ek kan

EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...

Hoop

HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...

Ek het waarde

Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...

Brein en Emosies

Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...

Veerkragtigheid

Veerkragtigheid Ons tema vir die jaar. Die waarheid is...

Covid Glas

Covid Glas Ons maak graag ons kinders groot vir...

LGS groet ‘n legende

LGS groet ‘n legende Vandag groet Laerskool George-Suid ‘n...

Hoe beskerm ek my kind?

Hoe beskerm ek my kind Almal hardloop wye draai...