Back

Hoe beskerm ek my kind?

Hoe beskerm ek my kind

Almal hardloop wye draai rondom enige iemand wat hoes of nies. Daar is skielik klomp grappies oor die virus wat die woord is wat almal gebruik.

Hoe beskerm ek my kind? Teen die lewe – teen virusse, teen skinder, teen seerkry?

Ek wens ek kon ‘n wye tent van beskerming om my kind span om hom/haar te isoleer teen seerky. Op ‘n manier kan ek – deur te bid en my kind op te dra aan die GROOT en enigste Beskermer – ons Hemelse Vader.

Dis moeilik om magteloos te voel om jou kind te beskerm. Aan die virus kan ons niks doen nie, maar ons kan onsself tog beskerm. Oral in die media wentel woorde soos ‘’handsanitizer’’, hande was, hoes in jou mou rond… en ons begin kreatief groet met voete en elmboë.

Deur dit leer ons onbewustelik reeds sekere lewens vaardighede aan ons kinders. Jy kan nie kies wat die lewe na jou kant toe gooi nie, maar jy kies wat jou reaksie daarop is en dit bepaal jou hantering, gesindheid en oorlewing!

Ouers kom ons leer ons kinders om te hoop! Emosionele intelligensie begin deur te besef wat jou tekortkominge en jou sterkpunte is en om op laasgenoemde te fokus en eersgenoemde te versterk. Jy kan!!

  • Jy kan – jou hande was!
  • Jy kan nou op pret maniere begin groet – en moenie vir ‘’blue tooth’’ vergeet nie!
  • Jy kan tyd as gesin saam spandeer!
  • Jy kan jou kind help om te fokus op die positiewe – op hoop!

Hou vas aan die een wat jou vashou! Psalm 91 – ons veg nie alleen nie. As ouers is dit krities belangrik om self te hoop voordat jy jou kind kan laat hoop! Ons ken almal die gesegde gee die regte wolf kos! Wie gee jy kos – die negatiewe wolf of die positiewe wolf. Jy kan kies – daaroor het jy wel beheer!!

“Everything can be taken from a man but one thing: the last of the human freedoms – to choose one’s attitude in any given set of circumstances, to choose one’s own way.” Viktor E. Frankl, Man’s Search for Meaning

Kom ons skep vir ons kinders ‘n oase van hoop en nie vrees nie! Want ons weet Wie in beheer is!

Geskryf deur: Tronel van Rooyen (LGS Berader)

VORIGE UITGAWES

Die geheime goue draadjie

Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...

Waardevolle Loeries

Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...

Padkaart vir eksamenstres

Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...

Verlies

Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...

Groei

Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....

Skermtyd Riglyne

Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...

Boelies

Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...

Angstigheid

Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...

Angs

Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...

Vakansie Verveeldheid

Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...

My kind het nie maats nie!

My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...

Omgee gee hoop

Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...

Omgee

Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...

Swem of sink

As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...

Dissipline

DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...

Positiewe ingesteldheid

Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...

Glo jy kan

GLO JY KAN Jy is die baas van jou...

Ek kan

EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...

Hoop

HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...

Ek het waarde

Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...

Brein en Emosies

Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...