Back

Hoop

HOOP

Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! 

Daagliks beleef ons al meer emosionele spanning en in ‘n poging om kop bo water te hou speel ons onbewustelik die “blame game”.  Ons emosionele kapasiteit emmers loop oor, ons kan en weet nie meer hoe om die masker, druk en verlies aan voorspelbaarheid te hanteer nie.  Ons word kwaai of wil nie meer opstaan nie.  Onbewustelik ontwyk ons verantwoordelikheid – eienaarskap van ons eie emosies en lewe.  

Ons dobber soos bootjies op die onvoorspelbare Covid see.  Dan begin ons vinger wys na almal wat ons dink die boot moes bestuur… die juffrou as my kind nie “cope” nie… die maats, die hoof, my man, my vrou… 

Tot ons besef die ankertou is nog heeltyd in my eie hande!  Waar gooi jy anker?  Jy kan kies…  Jy is die baas van jou denke.  Jy kies wat jy jou brein laat glo.  Watter boodskappies gee jy deur na jou brein?  Boodskappe van hoop of van dankbaarheid?  Of boodskappe van verwyt en wanhoop? 

Hoe hoop ek as my wêreld verkrummel? 

Jy begin klein – doen elke dag 1 taak wat ‘n verskil kan maak.  Oefen vir 1 minuut, lag hardop vir 1 minuut – kyk vir 1 minuut met liefde na jou kind.  Jy glo in jouself – herinner jouself elke dag aan 1 ding wat jy goed kan doen. 

Hoop is nie in grendeltyd toegesluit nie… hoop word juis gebore in swaarkry.  Wat is jou droom?  Wat is dit wat jy nog graag wil bereik?  Wat keer jou om dit te kry?  Sien grendeltyd het eintlik hoop en drome kom oopsluit – skielik het ons agter gekom dat tyd ‘n faktor is en nie vir altyd daar nie.  Ons kan kies om deur die deur van hoop te stap, ons kan kies om dit te doen waarvoor ons nog altyd bang was, maar so graag wil doen.  Daar is ‘n paar dinge wat grendeltyd nie kan sluit nie, kom ons fokus daarop en leef met hoop. 

Grendeltyd sluit nie:

die sonsopkoms en ondergang nie
die lag van mense om my en my eie – grappies floreer nou! die nuwe dag met nuwe geleenthede
‘n nuwe kans om weer te begin, weer te probeer…
die blomme en natuur – om raak te sien en te waardeer
‘n hartsgesprek met ‘n vriendin…
gebed, dankbaarheid of stilte
om iemand te help
‘n glimlag
die blou vars lug
die voëltjies se kwetter

Liewe Ouer kom ons hou op dobber, kom ons gooi ankers in ons grootste Hoop en leef in dankbaarheid op dit wat steeds gratis en oop is! Lig op jou kop en fokus op ons Hoop! Geniet die welverdiende vakansie – lag, sing, dans, leef in Hoop!

Vriendelike groete. 

Tronel van Rooyen (LGS Berader)

VORIGE UITGAWES

Groei

Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....

Skermtyd Riglyne

Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...

Boelies

Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...

Angstigheid

Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...

Angs

Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...

Vakansie Verveeldheid

Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...

My kind het nie maats nie!

My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...

Omgee gee hoop

Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...

Omgee

Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...

Swem of sink

As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...

Dissipline

DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...

Positiewe ingesteldheid

Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...

Glo jy kan

GLO JY KAN Jy is die baas van jou...

Ek kan

EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...

Hoop

HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...

Ek het waarde

Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...

Brein en Emosies

Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...

Veerkragtigheid

Veerkragtigheid Ons tema vir die jaar. Die waarheid is...

Covid Glas

Covid Glas Ons maak graag ons kinders groot vir...

LGS groet ‘n legende

LGS groet ‘n legende Vandag groet Laerskool George-Suid ‘n...

Hoe beskerm ek my kind?

Hoe beskerm ek my kind Almal hardloop wye draai...