Omgee
- Date 6 April 2022
Omgee
Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir die jaar. Ons almal weet dat ‘n driedubbele tou nie so maklik soos ‘n enkeltou breek nie. Spanwerk dra by tot groter volhoubaarheid, veerkragtigheid en onstuitbaarheid!
Niemand kan gee wat hy nie het nie. Ons hoor baie mens kan nie skink uit ‘n leë koppie nie. Ons het nodig om na onsself te kyk. Ons het ook nodig om na mekaar te kyk. Daar is tye wat ‘n mens nie alleen kan staan nie, wanneer als net oorweldigend is. Tye wat jy ‘n vriend nodig het om jou op te lig en te ondersteun. Ons almal het iemand nodig om ons raak te sien en te waardeer. Om te voel ons het waarde, kan waarde tot ons omgewing toevoeg.
Om om te gee… respek vir ander te hê en dit uit te leef. Dit dra by tot my gevoel van waarde toevoeg – om te behoort.
Ons hoor so baie van die millennium kinders wat ‘entitled’ voel. ‘n Goeie teenvoeter hiervoor is die vermoë om om te gee vir ander – empatie te toon.
Een oggend stop ek by die skool, net betyds om te sien hoe ‘n prefek af buig om met ‘n kleiner kind te gesels en hom dan ‘n ‘high five’ gee – die seuntjie lag van oor tot oor! Mens kan sommer sien hoe trots hy voel, hoeveel waarde hy ervaar dat iemand hom raaksien en reageer.
Om om te gee vra so min, maar kan so baie beteken. Dit vra dat ek ‘n ander persoon raaksien. Myself ‘n paar oomblikke in sy skoene sit, en net reageer. ‘n Jong dame wat sendeling werk in Malawi gaan doen het, skryf in haar boek; “Kisses from Kate” dat sy totaal oorweldig was deur die groot nood en verward was en nie geweet het hoe om te help nie. Tot sy besef het, sy kan net die een wat voor haar staan help. Wat sou gebeur as ek en jy net die persoon wat voor ons staan, help.
Louis Buschalge noem dat indien jy iemand nie kan help nie, jy hom net nie moet seermaak of verneder nie.
Wanneer ons emosioneel oorweldig voel reageer ons dikwels met veg, vlug of vries. Dis dan wat ons ander onwetend seermaak. Om dan net eers asem te haal en ‘n oomblik te neem, bring dikwels ‘n oomblik van rustige helderheid. ‘n Groot stap in emosionele intelligensie en die volhoubaarheid daarvan. Wanneer ek eers asem skep, kry ek kans om te dink, my eie emosie te identifiseer en te hanteer – ek kry ook ‘n oomblik om die ander een se reaksie raak te sien. Sy seer, onsekerheid of angs.
Ons kan mekaar help en oplig as ons bereid is om asem te skep en oop te wees vir ‘n ander se emosies. Wanneer ek verstaan dat iemand anders ook emosies ervaar wat van myne kan verskil en ek bereid is om dit te akkomodeer, wen ons albei! Groei ons albei emosioneel na ‘n sterker volwassene wat mense met emaptie kan bemagtig en ondersteun. Daardeur bemagtig ek ook myself.
Dus liewe ouers, kom ons vat hande en leer ons kinders om asem te skep, om om te gee en om onsself nie so ernstig op te neem nie!
Wanneer ons, ons emosies kan erken en hanteer en ‘n ander se emosie kan erken, kan ek meer volhoubaar en emosioneel weerbaar die lewe hanteer.
Ons het mekaar nodig! Empatie en deernis begin by die huis en die gesin. Om om te gee vir mekaar, mekaar raak te sien en te waardeer! Te verstaan dat elkeen verskil en dat dit “okay” is. Kom ons begin die week deur elke dag vir mekaar 1 ding te sê wat ek in jou waardeer.
Deur mekaar op te bou, bou ek aan my eie emosionele weerbaarheid!
Mandy Hale
Geskryf deur: Tronel van Rooyen (LGS Berader)
VORIGE UITGAWES
Padkaart vir eksamenstres
Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...
Verlies
Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...
Groei
Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....
Skermtyd Riglyne
Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...
Boelies
Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...
Angstigheid
Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...
Angs
Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...
Vakansie Verveeldheid
Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...
My kind het nie maats nie!
My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...
Omgee gee hoop
Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...
Omgee
Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...
Swem of sink
As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...
Dissipline
DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...
Positiewe ingesteldheid
Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...
Glo jy kan
GLO JY KAN Jy is die baas van jou...
Ek kan
EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...
Hoop
HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...
Ek het waarde
Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...
Brein en Emosies
Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...
Veerkragtigheid
Veerkragtigheid Ons tema vir die jaar. Die waarheid is...
Covid Glas
Covid Glas Ons maak graag ons kinders groot vir...