
Hoop
- Date 5 Julie 2021
HOOP
Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef!
Daagliks beleef ons al meer emosionele spanning en in ‘n poging om kop bo water te hou speel ons onbewustelik die “blame game”. Ons emosionele kapasiteit emmers loop oor, ons kan en weet nie meer hoe om die masker, druk en verlies aan voorspelbaarheid te hanteer nie. Ons word kwaai of wil nie meer opstaan nie. Onbewustelik ontwyk ons verantwoordelikheid – eienaarskap van ons eie emosies en lewe.
Ons dobber soos bootjies op die onvoorspelbare Covid see. Dan begin ons vinger wys na almal wat ons dink die boot moes bestuur… die juffrou as my kind nie “cope” nie… die maats, die hoof, my man, my vrou…
Tot ons besef die ankertou is nog heeltyd in my eie hande! Waar gooi jy anker? Jy kan kies… Jy is die baas van jou denke. Jy kies wat jy jou brein laat glo. Watter boodskappies gee jy deur na jou brein? Boodskappe van hoop of van dankbaarheid? Of boodskappe van verwyt en wanhoop?
Hoe hoop ek as my wêreld verkrummel?
Jy begin klein – doen elke dag 1 taak wat ‘n verskil kan maak. Oefen vir 1 minuut, lag hardop vir 1 minuut – kyk vir 1 minuut met liefde na jou kind. Jy glo in jouself – herinner jouself elke dag aan 1 ding wat jy goed kan doen.
Hoop is nie in grendeltyd toegesluit nie… hoop word juis gebore in swaarkry. Wat is jou droom? Wat is dit wat jy nog graag wil bereik? Wat keer jou om dit te kry? Sien grendeltyd het eintlik hoop en drome kom oopsluit – skielik het ons agter gekom dat tyd ‘n faktor is en nie vir altyd daar nie. Ons kan kies om deur die deur van hoop te stap, ons kan kies om dit te doen waarvoor ons nog altyd bang was, maar so graag wil doen. Daar is ‘n paar dinge wat grendeltyd nie kan sluit nie, kom ons fokus daarop en leef met hoop.
Grendeltyd sluit nie:
die sonsopkoms en ondergang nie
die lag van mense om my en my eie – grappies floreer nou! die nuwe dag met nuwe geleenthede
‘n nuwe kans om weer te begin, weer te probeer…
die blomme en natuur – om raak te sien en te waardeer
‘n hartsgesprek met ‘n vriendin…
gebed, dankbaarheid of stilte
om iemand te help
‘n glimlag
die blou vars lug
die voëltjies se kwetter
Liewe Ouer kom ons hou op dobber, kom ons gooi ankers in ons grootste Hoop en leef in dankbaarheid op dit wat steeds gratis en oop is! Lig op jou kop en fokus op ons Hoop! Geniet die welverdiende vakansie – lag, sing, dans, leef in Hoop!
Vriendelike groete.
Tronel van Rooyen (LGS Berader)
VORIGE UITGAWES
Die geheime goue draadjie
Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...
Waardevolle Loeries
Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...
Padkaart vir eksamenstres
Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...
Verlies
Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...
Groei
Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....
Skermtyd Riglyne
Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...
Boelies
Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...
Angstigheid
Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...
Angs
Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...
Vakansie Verveeldheid
Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...
My kind het nie maats nie!
My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...
Omgee gee hoop
Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...
Omgee
Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...
Swem of sink
As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...
Dissipline
DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...
Positiewe ingesteldheid
Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...
Glo jy kan
GLO JY KAN Jy is die baas van jou...
Ek kan
EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...
Hoop
HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...
Ek het waarde
Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...
Brein en Emosies
Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...
