
Covid Glas
- Date 31 Julie 2020
Covid Glas
Ons maak graag ons kinders groot vir sukses. “set up for success” – dis so mooi gestel in engels. Hoe doen ek dit met die pandemie?
Ons raak almal gefrustreerd en wil soms net gil! En dis ‘okay’… Want dis deel van groei. Emosionele groei en volwassenheid is nie net ‘n stasie waar jy eendag stilhou en arriveer nie. Dis ‘n deurlopende proses – elke dag een tree nader… sterker… gereed vir sukses.
In die skool verduidelik ek vir die kinders in die klasse dat onsekerheid soos ‘n glas water is wat jy baie lank moet vashou. In die begin is dit maklik, maar hoe langer jy die glas vashou, hoe moeiliker word dit… jou lyf begin later vir jou wys en vertel dis nou genoeg….. jou arm word seer, jou spiere styf, jy wil die water al uitgooi en wegstap.
Onsekerheid is moelik om te hanteer – en hoe langer dit uitgerek is, hoe swaarder is dit. Ons glase verskil ook, party se glase is groot, ander s’n is klein en loop makliker oor…. En as onsekerheid oorloop is dit in emosies… met woede, aggressie, onttrekking, ens.
Die verskil van die glase maak ons nie beter of slegter nie, dit bepaal net ons vermoë om spanning en onsekerheid te hanteer – ons frustrasie drempel. Maak nie saak hoe groot jou glas is nie, wat saak maak is dat jy bewus is van hoe groot jou glas is en wat jy daarmee kan maak!!
Jy kan kort-kort bietjie uitgooi, die glas met tye neersit.. en jou lyf kans gee om te rus.. hoe op aarde doen ek dit?
Deur asem te haal… en ons elkeen se manier van glas neersit en om asem te skep verskil, dalk lees jy ‘n boek en sit die glas onsekerheid vir ‘n uur neer, dalk draf, dalk koffie drink saam met ‘n vriendin… dalk stil word…
Liewe mens, jy hoef nie heeltyd die glas onsekerheid vas te hou nie… ons is nou waar ons is, maar soek na maniere om die glas neer te sit en vir ‘n rukkie net te wees… jou frustrasie spiere rus, sterk maak ….
Die glas is in jou hand… maar jy kan tog kies wat jy daarmee maak… mag jy spoedig die plekkie vind waar jy jou glas kan neersit en asem skep… Cheers!
Geskryf deur: Tronel van Rooyen (LGS Berader)
VORIGE UITGAWES
Die geheime goue draadjie
Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...
Waardevolle Loeries
Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...
Padkaart vir eksamenstres
Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...
Verlies
Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...
Groei
Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....
Skermtyd Riglyne
Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...
Boelies
Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...
Angstigheid
Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...
Angs
Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...
Vakansie Verveeldheid
Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...
My kind het nie maats nie!
My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...
Omgee gee hoop
Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...
Omgee
Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...
Swem of sink
As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...
Dissipline
DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...
Positiewe ingesteldheid
Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...
Glo jy kan
GLO JY KAN Jy is die baas van jou...
Ek kan
EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...
Hoop
HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...
Ek het waarde
Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...
Brein en Emosies
Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...
