Back

Veerkragtigheid

Veerkragtigheid

Ons tema vir die jaar. Die waarheid is as ons veerkragtigheid het, gaan ons 2021 met vreugde tegemoet, emosioneel sterk en weerbaar. Hier is twee mooi uitbeeldings van hoe twee van ons leerderraadslede dit sien (Veneske Steenkamp links en Mia Mengel regs).

Ons as ouers weet nie elke dag hoe om Covid en die spanning wat daarmee saam gaan te hanteer nie. Tog verwag ons onbewustelik van ons kinders om “okay” te wees en Covid te deurleef asof dit werklik normaal is.

Wat daarvan as ons eerder vra: wat het my kind emosioneel nodig om hierdie te deurleef? Om emosioneel sterker terug te bons as voorheen en voorbereid te wees om enige moeilike, onseker situasie makliker te hanteer. Om emosioneel lig soos ‘n veer terug te bons, met sterker vlerke, gereed om te vlieg!

‘n Veer wat nat of vol modder is kan nie vlieg nie… Wat trek my kind af? Wat is die modder op sy vlerke? Hoe help ek hom om dit af te skud en te vlieg?

Onsekerheid kom sit maklik soos nat modder aan ‘n vlerk. Wanneer ons dit nie dadelik sien en afskud nie, word dit hard en kan dit die vere koek. Hoe help ek my kind om dit af te skud?

Met HOOP! Help hom om te kan hoop, om tussen die lyne die klein vryhede en lekkertes raak te sien. Om te kan raaksien jy kan nie Covid verander nie, maar hy/sy kan kies hoe om dit te hanteer. Kies om die ligpunte raak te sien, die genade tussen in deurweef.

Met DANKBAARHEID! Al gehoor van ‘n “attitude of gratitude”? Maak ‘n speletjie daarvan om te kyk wie kan eerste in die dag iets raaksien om dankie voor te sê. Wie kan vir die meeste goed dankie sê.
Met hierdie 2 goed in plek, leef jy voor jy weet, ‘n lewe van postiewe denke en is die modder af voor dit nog kon sit. Dit beteken ook dat ek en jy as ouers ‘n groot wag voor ons eie monde sal sit en probeer om ook saam te hoop en dankie te sê.

Ons kan hierdie doen! Ons is oorwinnaars in Christus, Hy wat ons nooit sal los nie! Veilig in Sy hand kan ons een vir een ons vere oplig en terug bons. Covid gaan ons nie onderkry nie, ons gaan hierdeur groei en sterker, positief en met dankbare harte anderkant uitkom!

Sprei jou vlerke en vlieg liewe Loerie!

Geskryf deur: Tronel van Rooyen (LGS Berader)

VORIGE UITGAWES

Die geheime goue draadjie

Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...

Waardevolle Loeries

Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...

Padkaart vir eksamenstres

Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...

Verlies

Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...

Groei

Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....

Skermtyd Riglyne

Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...

Boelies

Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...

Angstigheid

Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...

Angs

Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...

Vakansie Verveeldheid

Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...

My kind het nie maats nie!

My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...

Omgee gee hoop

Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...

Omgee

Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...

Swem of sink

As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...

Dissipline

DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...

Positiewe ingesteldheid

Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...

Glo jy kan

GLO JY KAN Jy is die baas van jou...

Ek kan

EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...

Hoop

HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...

Ek het waarde

Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...

Brein en Emosies

Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...